29 dae gelede
Wees gereed vir die brandseisoen
risiko: Moenie kinders sonder toesig by oop vure laat nie.  ~ 

SOVEEL brande breek in die winter uit weens kerse en vure wat ons aansteek om die koue te verjaag.

Maar wat doen ’n mens wanneer jy of ’n familielid ’n brandwond opgedoen het?

Ons het nageslaan wat die webwerf jougesin.solidariteit.co.za oor die onderwerp sê.

En dié quote ’n authority in die gedaante van Russel Meiring, ’n woordvoerder van die nooddiens ER24.

Meiring sê: “Kinders is meer geneig om ernstige brandwonde op te doen omdat hulle makliker ’n ongeluk veroorsaak en nie noodwendig al die veiligheids­aspekte verstaan nie.”

Meiring sê die kombuis is verstaanbaar een van die plekke waar die meeste brandwonde opgedoen word.

Hy stel voor dat die klôgoed nooit sonder toesig naby enige hittebron moet wees nie.

Meiring sê: “Die beste manier om brandbeserings te vermy, is voorbereiding en veiligheidsbewustheid.

“Om kinders in te lig oor die risiko’s van hitte en vuur en om te weet wat om in ’n noodgeval te doen, kan brande voorkom, en as dit gebeur, kan dit die erns van die beserings beperk.”

Klere

Die belangrikste reël is om so gou moontlik weg te kom van die bron wat die brand veroorsaak het.

So sê die hoof van kliniese leierskap by Netcare 911, David Stanton, aan jougesin. solidariteit.co.za

Stanton sê: “As jou klere aan die brand is, moet jy op die grond val en rondrol om die vlamme te smoor.

“Dit geld ook as jy iemand anders probeer help.”

Stanton maan dat ’n kombers of mat nie noodwendig goeie materiaal is om vlamme mee te probeer smoor nie.

Hy sê dis omdat die materiaal daarvan baiekeer vlambaar is.

Stanton meen die beste is om water of ’n brandblusser te gebruik.

Wanneer iemand gebrand het, moet ’n mens probeer om enige materiaal van klere wat die wond bedek, te verwyder.

Materiaal wat aan die wond kleef, moet egter nie net afgepluk word nie, aangesien dit groter skade kan aanrig.

Meiring sê brandwonde moet afgekoel word deur koue water – maar nie te koud nie – daaroor te giet.

Sodra die wond afgekoel is, moet dit gesteriliseer en verbind word.

Infeksie

As dit egter ernstig is, moet ’n mediese kundige dit eerder behandel.

Stanton sê vergeet boererate soos tandepasta, botter, en so meer.

Dit maak die paramedic of dokter se taak net moeiliker.

Daarby kan dit ook infeksie veroorsaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters