8 dae gelede
Waterplan vir 10 jaar: Miljarde is nodig
Lindiwe Sisulu  ~ Argief

’N GESKATTE R900 miljard word benodig om watersekuriteit in die land vir die volgende 10 jaar te bewerkstellig.

Dít was die donker prentjie wat geskets is volgens die finansiële model van die departement water en sanitasie in die nasionale beplanning.

Minister Lindiwe Sisulu, wat nasionaal verantwoordelik is vir die land se water, het dit Donderdag bekend gemaak.

Begroting

Volgens haar bevat die plan wat saamgestel is dringende stappe wat gedoen moet word om watersekuriteit te kan ver­seker.

Sy het wel ertken dat daar tans geen stabiele begroting beskikbaar is om dit te verseker nie.

Sisulu noem voorts dat haar departement wel sal saamwerk met die tesourie en die privaatsektor. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters