Verlede maand
Warmlugballon val, twee beseer

TWEE mense het ligte beserings opgedoen toe 'n warmlugballon Saterdagoggend naby die M44 in Soshanguve in Gauteng geval het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die lugballon het in 'n veld langs die busdepot geval.

"Paramedics het twee mense op die toneel gevind wat ligte beserings opgedoen het. Hulle was in 'n stabiele toestand.

"Die pasiënte is eers gestabiliseer en daarna per ambulans na die hospitaal geneem vir verdere behandeling."

Herbst sê omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters