4 maande gelede
Wagte van KZN-skool in klas doodgeslaan
KZN
Twee sekuriteitswagte is wreed in 'n klas in KZN vermoor.  ~ getty images

TWEE sekuriteitswagte van 'n skool in KwaZulu-Natal se lyke is in 'n klaskamer gevind ná hulle wreed met 'n crowbar aangeval is.

Kwazi Mshegu, die KZN-LUR vir onderwys, sê 'n derde sekuriteitswag, wat ook Woensdagaand aangeval is, is tans in die hospitaal.

"Hulle is deur die aanvallers gevra om 'n stoorkamer oop te maak, maar het gesê hulle het nie die sleutels nie. Hulle is toe by 'n klaskamer ingedwing waar hulle aangerand is," sê Mshengu.

Hy sê die polisie het die wagte met kopwonde gevind. Die crowbar het langs hulle gelê.

Volgens Mshengu is die oorledenes eers Donderdagoggend gevind toe die hoof by die skool aangekom het.

Toe hy by die skool aankom, was die hekke nog gesluit.

Hy en die sekuriteitswag vir die dag moes oor die hek spring waarna hulle op die gru-toneel afgekom het.

Mshengu sê die skool se sekuriteit is sedertdien aangepas. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters