4 maande gelede
Wagte moeg gewag vir aanstellings
sekuriteitswagte
Tydelike wagte is moeg gewag vir permanente aanstellings  ~ Verskaf

Sekuriteitswagte is moeg gewag vir die Stad Johannesburg om as voltydse werkers aangestel te word.

Die wagte is deel van die Stad se sekuriteitswagte-indiensnemingsprogram en noem hulle is gefrustreerd met die aanhoudende vertragings met die begin datums.

Aanvanklik moes hulle op 1 Julie begin, maar dit is uitgestel tot 1 Oktober weens verification probleme. Die finalisering van die proses sal die sluiting van die tweede fase sien, waar 3700 wagte voordeel sal trek.

'n 48-Jarige sekuriteitswag, wie anoniem wil bly, sê aan News24: "Toe die program in 2017 aangekondig is was hy opgewonde, maar het nou belangstelling verloor, weens die al die vertragings.

"Vir nou kan ek nie sê ek is gelukkig nie, want daar is geen vordering in die program nie. Verlede jaar was ek gelukkig, want ek het besef dat my leefstyl sal verander wanneer ek 'n permanente werk het.

"Die Stad maak beloftes en beloftes," vertel die pa van twee.

Intussen bevestig die Stad daar is vertragings. 

Die eerste fase het in Mei gesluit en ongeveer 2 700 wagte is deur die stad indiens geneem.

Sabelo Chalufu, 'n woordvoerder vir die Stad, sê: "Die plaaslike owerheid hou by hul belofte om al hul sake op 'n wettige wyse te doen.

"Die begroting vir die program was gereed en beskikbaar maar ongelukkig is daar vertragings."

Chalufu voeg by: "Ongelukkig kan besonderhede van die begroting nie bekend gemaak word nie."  

Die Stad is vol vertroue dat die proses teen 1 Oktober afgehandel sal wees.














Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters