12 dae gelede
Wag tydens rooftog in gesig geskiet
'n Sekuriteitswag is tydens 'n transitorooftog in die gesig geskiet.  ~ Foto ter Illustrasie

'N SEKURITEITSWAG is tydens 'n transitorooftog in Kempton Park in die gesig geskiet.

Daar is Maandag om 18:58 op die voertuig losgebrand waarin die sekuriteitswag was.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedics het die bestuurder op die toneel gevind met kritieke beserings nadat hy in die gesig geskiet is.

Herbst sê die wag het dit reggekry om te ontsnap nadat daar op hulle losgebrand is.

Die 34-jarige man is op die toneel behandel voordat hy met 'n helikopter na die hospitaal geneem is.

Kol. Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, sê 'n onbekende aantal verdagtes het die bemanning en bestuurder gedwing om op die grond te lê.

Die aanvallers, wat met drie voertuie rondgery het, het drie jaggewere en vuurwapens op hulle gehad.

Muridili sê die verdagtes het met 'n onbekende bedrag geld gevlug nadat die voertuig opgeblaas is.

Die polisie het intussen 'n 72-uur aksieplan in werking gestel om die verdagtes te vind. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters