5 dae gelede
Wag skiet ses mense dood
Minneapolis Police officer at a crime scene
Die jong sekuriteitswag het Saterdag ses mense doodgeskiet.  ~ Foto ter illustrasie: Getty Images

'N MAN van Durban wat op 'n moordveldtog gegaan en ses mense, insluitend drie kinders, die naweek doodgeskiet het, is tydens 'n skietgeveg met die polisie dood.

Die 26-jarige man, 'n sekuriteitswag, het Saterdagoggend eers 'n 40-jarige kollega in Estcourt doodgeskiet.

Hy is daarna na 'n plaas in Mooirivier waar hy nog 'n sekuriteitswag (42) doodgeskiet het. Volgende is hy na Bruntville, ook in Mooirivier, waar hy sy eksmeisie se suster (34) asook drie kinders tussen die ouderdom van 5 en 13 afgemaai het.

Hy het nie daar opgehou nie en is na sy eksmeisie se werksplek in Alexandra Terrace waar hy verskeie skote op haar gevuur het voor hy gevlug het. Die 25-jarige vrou is tans in 'n kritieke toestand in die hospitaal.

Die verdagte het in die rigting van Kranskop gevlug waar hy deur polisielede voorgekeer is.

Hy het hom teen arrestasie verset en het op die polisie begin losbrand. Hy is noodlottig in die skietgeveg gewond.

Die polisie ondersoek ses klagte van moord en een van poging tot moord. - SAPD


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters