5 dae gelede
Vyfjarige val vier vloere tot haar dood
A 5-year-old girl died after falling out of a four
Die gebou waaruit die vyfjarige geval het.  ~ Rescue Care

DIE polisie in KwaZulu-Natal ondersoek die omstandighede wat daartoe gelei het dat 'n vyfjarige meisie vanuit 'n venster op die vierde verdieping van 'n gebou in Durban geval het.

Die meisie is Maandag dood verklaar.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, sê die meisie het verskeie beserings opgedoen en is op die toneel dood.

Jamieson voeg by dat die gebeure wat tot die meisie se dood gelei het nog onbekend is en dat die polisie die voorval ondersoek. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters