VYF mense, waaronder drie kinders, is die naweek in 'n ongeluk tussen 'n motor en taxi in Bloemfontein dood.
Die voorval het Saterdagaand in Monumentweg in Uitsig plaasgevind. Vier ander mense is ook in die ongeluk beseer.
ER24 sê drie passasiers in die motor het ook ligte tot ernstige beserings opgedoen.
Die taxi se driver het nog in die taxi vasgesit en brandbestryders moes die noodkake gebruik om hom uit te sny.
Die beseerdes is op die toneel behandel en later na hospitale in die omgewing geneem. - News24