15 dae gelede
Vyf leerders sterf in ongeluk ná eksamen
car crash, crash, accident, road accident, bike, b
Vyf leerders is in 'n ongeluk naby Groblersdal dood.  ~ Foto ter Illustrasie: iStock

VYF hoërskoolleerders van Limpopo is Dinsdag dood toe die kar, waarmee hulle 'n lift gekry het, tussen Groblersdal en Mpudulle in 'n ongeluk was.

Die leerders, waarvan vier in gr. 10 en een in gr. 9 was, is van die AM Mashego Sekondêre Skool naby Groblersdal.

Volgens die departement het die leerders huis toe gehike nadat hulle hul landbouwetenskap- en Engels-eksamenvraestelle geskryf het.

Polly Boshielo, LUR van onderwys in Limpopo is diep geskok oor die voorval.

"Dit is 'n baie moeilike tyd vir almal van ons en die vriende en familie van die leerders. Ons het nie die regte woorde nou nie, maar ons moet verenig wees in dié tyd van rou," sê Boshielo.

Die departement sê in 'n verklaring hulle het traumabehandeling aan die leerders, onderwysers en familie verskaf.

Brig. Motlafela Mojapelo, 'n polisiewoordvoerder, sê die bestuurder van 'n Nissan NP200-bakkie het na bewering beheer oor die voertuig verloor en dit verskeie kere gerol. Die vyf leerders is opslag dood en die bestuurder en ander werkers krities beseer." - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters