6 dae gelede
Vulstasie se dak stort ineen
df
Die dak van die vulstasie het op drie voertuie ineengestort.  ~ Foto Verskaf / ER24

TWEE mans het ernstige beserings vrygespring toe die dak van 'n vulstasie in Sharpeville weens swaar reën in ineengestort het.

Die voorval, waarin 'n minibus, 'n taxi en 'n motor beskadig is, het om 13:50 in Seeiso Road plaasgevind.

Russel Meiring, 'n ER24-woordvoerder, sê twee mans, in hul 20's, het ligte beserings opgedoen en is op die toneel behandel. Hulle is later na die Kopanong-provinsiale hospitaal geneem.

'n Soortgelyke voorval het vroeër vanjaar in Howick in KwaZulu-Natal gebeur.

Een man is in daardie voorval dood en vier ander mense beseer toe die dak tydens 'n storm ineengestort het. Vier motors was ook in die voorval beskadig.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters