9 dae gelede
Vrystaatse tesourie sê oor tenders
Ace Magashule  ~ Argief

DIE Vrystaatse tesourie het bevestig dat twee maatskappye, waarin Ace Magashule se seuns as direkteure gelys is, tenders van miljoene rande toegeken is.

Magashule is die ANC se sekretaris-generaal en voormalige premier van die Vrystaat.

Die tesourie sê die twee maatskappye het soos al die ander in die provinsie daarvoor getender en aan die kriteria voldoen.

Daily Maverick het Vrydag berig dat kontrakte met 'n gesamentlike waarde van R2,7 miljoen aan Motheko Projects en Marvel Deeds toegeken is. 

Andrew Visagie, woordvoerder vir Gadija Brown, Vrystaatse LUR vir finansies, sê die kontrakte is ingevolge die regulasies van die aanvoerkettingbestuur van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur toegeken. 

Die twee maatskappye gaan na bewering vloeibare handwash, handreiniger en maskers versprei. - OFM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters