7 dae gelede
Vrystaatse hospitale gaan safer wees, sê LUR
security guard
.  ~ 

DIE Vrystaatse departement van gesondheid gaan meer aandag skenk aan veiligheid by die provinsie se hospitale.

Dit kom ná 'n 24-jarige dokter laas maand 'n man se tong afgebyt het toe hy haar wou verkrag.

In 'n ander voorval is 'n 44-jarige vroue-dokter dae later ge-gunpoint en deur vier mans beroof.

Montsheng Tsiu, LUR van gesondheid, het Donderdag in haar begrotingsrede in die provinsiale wetgewer bevestig dat haar departement sekuriteitsmaatreëls by gesondheidsfasiliteite gaan opskerp.

Tsiu sê gesprekke oor ander  maatreëls om sekuriteit op te skerp is nog aan die gang.- OFM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters