12 dae gelede
Vroue 'moor' oor gesteelde wasgoed
-
Thembeka Majwete says she want justice for her nephew. Photo by Muntu Nkosi  ~ 

VROUE van Ekurhuleni het die wet in eie hande geneem ná hul wasgoed aanhoudend van die draad gesteel is.

Hulle was verby gatvol en belowe om die mans, wat verantwoordelik is, 'n les te leer.

Hulle het Maandag twee mans met 'n staalbad en klere gevang en besluit dit is die mans wat hul wasgoed van die draad steel.

Die mans is met klippe, knopkierries en sjambokke aangerand.

Een man is dood en die ander een kon dit regkry om weg te hardloop.

Die vroue sê hulle is gefrustreerd omdat die polisie hulle nie wou help nie.

"Ons het probeer om geduldig te wees, die wet te respekteer en om hulle oor te handig aan die polisie, maar dit werk nie vir ons nie," sê een van die vroue wat die voorval gewaar het.

"Die diewe word in hegtenis geneem, maar 'n paar dae later is hulle terug op die strate. Waar is die geregtigheid?"

Nog 'n vrou sê hulle bewaak hul wasgoed met hul lewens.

"Ons spandeer die hele dag by die draad en wag vir die wasgoed om droog te word. Maar die wasgoed verdwyn nogsteeds en dan staan ons en huil," sê 'n ander vrou.

"Dit is beter dat hulle families ook huil. Nie net ons nie."

Die families van die slagoffers is hartseer en kwaad.

Thembeka Majwete (43) het gesê die mense wat haar neef, Esethu Majwete (20) vermoor het, het nie die volle storie geken nie.

"Esethu was geestelik siek. Hy het gegaan om vir kos te bedel. Daar was geen manier hoe hy hul klere of bad kon steel nie. Ons is seergemaak, veral omdat dit vroue is wat my neef vermoor het," sê sy.

Die buurvrou, Sylvia Lekoape, sê die vroue was harteloos.

"Hoe kan vroue wat self geboorte gee dit regkry om 'n ander vrou se kind te vermoor, asof hulle nooit hul eie grootgemaak het nie?" vra sy.

"Pleks van hom doodmaak, hoekom het hulle hom nie hierna gebring nie en sy ouers gevra om hulle terug te betaal nie?"

Kapt. Pheello Mothapo, 'n polisiewoordvoerder, sê 'n moordsaak word ondersoek.

"Ons gaan binnekort 'n arrestasie maak," sê hy. – Daily Sun

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters