15 dae gelede
Vroue en kinders ly steeds die meeste onder geweld
Marching against GBVMayor Mzimkhulu Thebolla, Minister of Social Development Lindiwe Zulu and Thamo Mzobe of the National Development Agency joined the Pietermaritzburg leg of activities building up towards the annual 16 Days of Activism for No Violence Against Women and Children campaign yesterday. They were joined by the members of the Mzansi Act Now Walk Against Gender-Based Violence and Femicide (GBVF) who are walking from Gauteng to Durban to raise awareness.See the full story on page 2PHOTO: Moeketsi Mamane  ~ 

VROUE en kinders loop steeds die meeste deur onder geweld in die land.

Die onlangse misdaadstatistieke wat deur Bheke Cele, minister van polisie, bekendgemaak is, dui aan dat vroue en kinders bly die las van geweld dra.  

Die hoof van die Instituut vir Veiligheidstudies (ISS), Gareth Newham, het aan News24 gesê die misdaadstatistieke van 1 Julie tot 30 September, wat Vrydag bekend gemaak is, weerspieël die huidige geweld in die land.

Statistieke toon dat aanranding, seksuele misdrywe en kommersiële misdade minder akkuraat is omdat die helfte van die slagoffers dit nie by die polisie aanmeld nie.

“Die meeste seksuele misdrywe en aanranding is gepleeg deur iemand bekend aan die slagoffer of wie saam hulle in een huis bly,” het Newham gesê.

Hy voeg by dat geslagsgebaseerde geweld ook nie aangemeld word nie omdat die oortreders beskerm word en baie van die slagoffers kies om stil te bly en nie hul families daarvan te vertel nie.

Cele het Vrydag tydens sy aanbieding van die kwartaallikse misdaadstatistieke gesê dat Julie, Augustus en September 2020 gevaarlike maande vir duisende vroue in die land was.

Given Sigauqwe, woordvoerder vir Sonke Gender Justice het aan News24 gesê dat die land se vroue in ’n konstante toestand van vrees leef, sonder rede.

“Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) skat dat 12.1 uit elke 100 000 vroue elke jaar in SA slagoffers van femicide is.”

Sigauqwe voeg by dat dit nie nou die tyd vir die regering is om op hul louere te rus nie. 

“Die verligting van die lockdown regulasies beteken nie noodwendig dat vroue nie meer in gevaar is nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters