Verlede maand
Vrou voor vir bedrog met Ters-skema
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Nana Mbuto is vandeesweek deur die Valke se eenheid teen ernstige korrupsie in hegtenis geneem.  ~ Foto ter Illustrasie

'N VROU is vandeesweek in hegtenis geneem vir beweerde bedrog van miljoene rande met die regering se Covid-19-Ters-skema. 

Nana Mbuto (33) het na bewering sedert April 2020 aansoek gedoen vir fondse van meer as R2,6 miljoen. Sy het na bewering die besonderhede van twee besighede, Sandy & Sissy Trading en Narrow Road Trading Projects, gebruik.

Sy is vandeesweek deur die Valke se eenheid teen ernstige korrupsie in hegtenis geneem.

Kol. Katlego Mogale, 'n Valke-woordvoerder, sê daar word verdere beweer dat Mbuto 'n lys van werknemers opgemaak en saam met 'n beampte van die departement van arbeid saamgesweer het om onregmatig voordeel uit die Ters-skema te trek. 

Mbuto het reeds in die Durbanse handelshof verskyn. Die saak is tot 4 Maart vir 'n formele borgtogaansoek uitgestel.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters