Verlede maand
'Vrou vergiftig honde sodat man geskiet kan word'
Lucas Mokoena  ~ facebook

DIE vrou van die sakeman Lucas Mokoena, wat van sy moord aangekla word, het glo haar eie honde vergiftig om dit makliker vir drie hitmen te maak om haar man te vermoor.

Kelebogile Louisa Mokoena (51), 'n verpleegster, het haar borgtogaansoek in die Bloemfontein-landdroshof laat vaar.

Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

Lucas Mokoena, 'n boer en taxi-baas, is op 8 Julie binne sy huis in Fichardtpark doodgeskiet. 

Gestoei

Volgens Netwerk24 het Mokoena die honde vergiftig sodat die hitmen sonder enige moeite die huis kon binnegaan. 

Lucas is, kort nadat hy by sy huis aangekom het, vermoor.

Hy het sy vrou in die hoofslaapkamer gesien en daarna na die badkamer gegaan waar hy in die gewapende mans vasgeloop het.

Hy is na 'n gestoei met die mans in die slaapkamer voor sy vrou doodgeskiet. 

Die verdagtes het van die toneel met die Lucas se motor en 'n onbekende bedrag geld en 'n selfoon gevlug.

Die voertuig is later gevind. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters