9 dae gelede
Hotelbaas se vrou bied glo R400 000 aan vir moord
moord
EGPAAR: Leon en Suretha Brits.  ~ Facebook/verskaf

Die vrou van die vermoorde hotel eienaar van Pofadder, Leon Brits, word daarvan beskuldig dat sy die meesterbrein agter sy moord was.

Suretha Brits (30) is Maandagoggend in Kakamas in die Noord-Kaap in hegtenis geneem, vyf maande ná haar man se moord, berig News24.

Sy staan tereg op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en perjury.

Leon Brits (41), wat 'n hotel in Pofadder besit, is in die bors gesteek en skynbaar met 'n dog leash gewurg. Sy liggam is na bewering in n swembad gevind.

Volgens die Noord-Kaapse polisie is daar na bewering waardevolle artikels, waaronder vuurwapens, 'n selfoon, Krugerrand, polished diamante en kontant van die perseel gesteel.

Die polisie het kort ná die voorval drie mans in hegtenis geneem. Die Noord-Kaapse hooggeregshof in Kimberley het onlangs een van hulle, Jacque van Vuuren (31), tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy 'n pleit oorkeenkoms aangegaan het.

Volgens Rapport het Van Vuuren in sy pleit ooreenkoms gesê dat Suretha hom sedert September "aanhoudend" gepla het om haar "vuil werk" te doen en glo bereid was om R400 000 te betaal en ook haar R125 000 diamantring aan te bied.

Hy het beweer haar verduideliking was dat Brits haar geslaan het, 'n buite-egtelike verhouding gehad het en dat sy custody oor hul drie kinders sou verloor.

Van Vuuren wou die moord blykbaar nie self uitvoer nie.

Amantle Bareki (24) en Enrich Williams (34) is verlede jaar in hegtenis geneem in verband met die moord en roof met verswarende omstandighede.

Van Vuuren, wat saam met Williams by 'n myn gewerk het, het hom glo gevra om te help. Daar word beweer dat hy toe Bareki recruit het.

Suretha het in  aanhouding gebly ná 'n kort verskyning in die landdroshof in Pofadder, volgens Times Live.

Kaptein Sergio Kock, 'n polisiewoordvoerder, sê Suretha sal Woensdag terugkeer na die hof vir 'n borgtogaansoek en die ondersoek duur voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters