VIER mense is in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat ’n 80-jarige vrou deur 'n boendehof vermoor is.
Die vrou wat van heksery beskuldig is, is in haar huis toegesluit waarna dit aan die brand gesteek is.
Brig. Leonard Hlathi, ’n polisiewoordvoerder, sê vier mense tussen die ouderdom van 22 en 44 is in verband met die moord gearresteer.
Lt. genl. Mondli Zuma, provinsiale kommissaris, het die voorval sterk veroordeel.
Zuma sê dit is ontmoedigend dat bejaardes dikwels van heksery beskuldig word. Hy het mense gewaarsku om hulle daarvan te weerhou. - News24