3 maande gelede
Vrou samel duisende in vir hawelose hero
homeless man
Zanele Masule.  ~ 

‘N JOHANNESBURGSE vrou wil altesaam R50 000 insamel vir ‘n hawelose man wat haar van 'n gewapende roof gered het.

Zanele Masule (29) is deur drie mans, waarvan een gewapen was, op 5 Junie in 'n park in Malvern-Oos, Germiston voorgekeer toe 'n man genaamd Oupa tot haar redding gekom het.

Masule vertel in ‘n Facebook post sy het van die winkels gekom en was oppad huis toe, toe die kar met die mans naby haar stop en aangehardloop kom.

“Ek het toe ‘n klomp voetseks en F-jou’s gehoor en geweet ek was in die moeilikheid. Ek was bereid om my lewe te gee. Net om dié mank man (Oupa) aangeloop te sien kom, so vinnig soos hy kan, om die sklems met sy loopstok af te skrik.

Masule sê sy het sover R16 500 ingesamel. Sy hoop om haar teiken van R50 000 te bereik sodat haar held vir hom ‘n Wendy-huis en furniture kan koop.  – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters