5 dae gelede
Vrou ontken moord op 6 geliefdes
son
Nomia Rosemary Ndlovu  ~  Picture: Xanderleigh Dookey Makhaza/Eyewitness Ne

DIE oud polisiebeampte wat daarvan beskuldig word dat sy die moorde op familielede beplan het om versekeringsbetalings te ontvang, ontken die aanklagte.

Nomia Ndlovu het Dinsdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op aanklag van die moorde op vyf familielede en haar boyfriend.

Ndlovu is vasgekeer deur 'n undercover polisiebeampte wat voorgegee het om een van die huurmoordenaars te wees, wat sy gehuur het om haar suster se huis in Bushbuckridge in Mpumalanga aan die brand te steek.

Tydens haar hofverskyning het sy vir fotograwe gepose, voordat sy in die getuiebank geskuif het - met geen bekommernis oor die aanklagte teen haar.

Haar plan het uit gekom nadat een van die vermeende huurmoordenaars die polisie gekontak het en hulle ingelig is dat hy genader is om nog moorde uit te voer.

Die polisie het 'n strik gestel en Ndlovu op kamera vasgevang waar sy besonderhede gee van wat moet gebeur.

EWN berig dat die staat noem hulle het oorweldige bewyse teen die beskuldigde.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters