14 dae gelede
Vrou loop hof ná man se moord
Die vrou moet hof loop nadat haar man aan sy wonde beswyk het.  ~ Foto ter illustrasie

’N VROU van Limpopo loop hof nadat sy na bewering haar man die naweek vermoor het.

Die 45-jarige man is Saterdagoggend deur sy bure in sy huis in Lulekani, naby Phalaborwa, gevind.

Kol. Moatshe Ngoepe, 'n polisiewoordvoerder, sê die was bewusteloos en het oop wonde aan sy lyf gehad.

“Die man is onmiddellik na die hospitaal geneem vir behandeling en het later aan sy wonde beswyk.

“Die saak is daarna by die polisie aangemeld wat ’n ondersoek begin het,” sê Ngoepe.

Die voorlopige ondersoek het getoon dat die couple Vrydagaand omstreeks 23:00 in ’n stryery betrokke was, wat tot geweld gelei het.

Ngoepe sê die oorledene het tydens die stryery verskeie beserings opgedoen waarna die verdagte van die toneel af gevlug het en hom in ’n plas bloed agtergelaat het.

Die verdagte is Saterdag in hegtenis geneem.

“Die oorsaak en motief agter die voorval is nie bekend nie, maar gesinsgeweld mag nie uitgesluit word nie,” voeg Ngoepe by. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters