'N VROU is langs die N2 in KwaZulu-Natal doodgery terwyl haar man besig was om hul motor se wiel om te ruil.
Die ongeluk het Woensdag gebeur nadat die gesin naby die eMdloti-afrit langs die pad stilgehou het. Die oorledene se man sê hy moes aftrek omdat daar iets fout was met die Jeep.
Terwyl hy besig was om die spaarwiel om te ruil, het ’n Land Rover sy vrou en dogter raakgery. Die vrou is sowat 40 meter verder op die snelweg gevind.
Die dogter is op die toneel behandel en later na die hospitaal geneem.
Die man asook die bestuurder van die Land Rover het geen beserings opgedoen nie. -News24