2 maande gelede
Vrou kraam in taxi, twee geskors
Nomagugu Simelane-Zulu, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal.  ~ Phumlani Thabethe

TWEE verpleegsters van KwaZulu-Natal is geskors nadat hulle 'n swanger vrou by 'n hospitaal weggewys het.

Die vrou moes toe in 'n taxi geboorte skenk.

Nomagugu Simelane-Zulu, LUR van gesondheid, het die skorsing verwelkom.

Simelane-Zulu sê die skorsing sal ‘n sterk boodskap uitstuur aan gesondheidspraktisyns.

“Pasiënte, net soos gesondheidswerkers, het ook regte wat beskerm, gerespekteer en te alle tye gehandhaaf moet word,” sê Simelane-Zulu.

“Ons wil hê alle gesondheidsorgpersoneel wat van plan is om pasiënte te mishandel moet weet dat hulle nie daarmee sal wegkom nie."

Die twee verpleegsters word daarvan beskuldig dat hulle ontken het dat die jong vrou op die punt was om te kraam, kru-taal gebruik het en dat hulle geweier het om die ambulans te ontbied. - HeraldLIVE

        
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters