16 dae gelede
Vrou in hof ná tref-en-trap
'n Vrou het in die hof verskyn nadat sy na bewering 'n sakeman doodgery het.  ~ Foto ter illustrasie

'N VROU wat in 'n tref-en-trap betrokke was waarin 'n sakeman dood is, het haar 'n week later aan die polisie oorgegee.

Novelake Lisbeth Smith (32) het na bewering vir Ndleleni Donvulo op 27 Oktober buite 'n kroeg in Botshabelo in Mangaung doodgery.

Motantsi Makhele, ‘n polisiewoordvoerder, sê Smith het in die Bloemfontein-landdroshof op klag van strafbare manslag verskyn.

Sy is ook aangekla omdat sy versuim het om 'n ongeluk binne 24 uur aan te meld.

Makhele sê die saak is uitgestel na 11 November vir ‘n formele borgtogaansoek.

Smith bly in aanhouding. - OFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters