24 dae gelede
Vrou gaan miljoene belê, deel
GROOT GELUK: Die wenner het nou sommer baie van hierdie tipe note waarmee sy haar beursie lekker kan vul.  ~ Foto ter illustrasie

’N MA van Pretoria wat vir haarself werk, is die nuutste miljoenêr van Ithuba.

Sy’t 10 April se Lotto Plus 1 van R17 miljoen gewen. Die kaartjie is in Pretoria-Noord gekoop. Sy het R80 betaal en self die nommers gekies.

Die 48-jarige ma van twee kinders sê sy het nooit in haar wildste drome gedink sy sal eendag so baie geld wen nie.

Opvoeding

“Ek was baie verbaas. My gesin is baie belangrik vir my en ek wil die geld met my man en twee kinders geniet.

“Van die geld sal gehou word vir my kinders se opvoeding. Ek sal ook geld aan ’n liefdadigheidsorganisasie, Good Morning Angels, gee.”

Die vrou sê sy en haar gesin wil ook na ’n tropiese eiland op vakansie gaan en sy wil van die geld ook belê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters