14 dae gelede
Vrou en 2 kids se lyke gevind
Saps police tape
'n Man van Soweto is vas vir die moorde van 'n vrou en haar twee kinders.  ~ Foto ter illustrasie

DIE liggaam van 'n vrou en dié van haar twee kinders is Woensdag op twee verskillende plekke in Soweto ontdek.

Brig. Mathapelo Peters, ‘n polisiewoordvoerder, sê die liggame is gevind nadat die familie van die oorledenes hulle as vermis aangemeld het.

Peters sê die polisie het 'n huis in Central Western Jabavu, waar die oorledenes laas lewend gesien is, verskeie kere deursoek.

Die gemeenskap het na die ontdekking ‘n 48-jarige man Woensdag aan die polisie oorhandig.

Peters sê die man het hulle toe na ‘n bos in Zondi naby die Jabulani Hostel gevat waar die vrou se liggaam gevind is.

Die twee kinders se liggame is by Mofolo Park gevind.

Die man sal na verwagting Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn op drie klagte van moord.

Lt. Genl. Elias Mawela, Gautengse polisiekommissaris, het die gemeenskap bedank omdat hulle so verantwoordelik opgetree het toe hulle die man kry. – Jacaranda FM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters