Verlede maand
Vrou bliksem leerder 'wat met haar man jol'
'n Leerder is na bewering deur drie vroumense aangerand omdat sy na bewering met een van hul mans gejol het.  ~ Foto ter Illustrasie

DRIE vroue het 'n leerder van Limpopo met stokke en vuiste geslaan omdat sy na bewering met een van hul mans gejol het. 

Dolly Maila (20), 'n graad.11-leerder, sê haar braidings is ook laas Donderdag uit haar kop geruk

Maila het beserings aan haar bolyf en bobene opgedoen.

Om sout in die wonde te vryf, word die leerder nou op sosiale media 'n home-wrecker genoem.

Luidens SowetanLive se berig erken sy dat sy 'n verhouding met die man, 'n taxi driver, gehad het, maar sê sy het dit verbreek toe sy uitvind hy is getroud.

Die aanranding kom nadat sy 'n SMS van 'n vrou gekry het wat haar waarsku om die man uit te los.

Na die aanranding is 'n video op sosiale media gelaai.

In die video kan gesien word hoe Maila met die vuis in die gesig geslaan word. 

Terwyl die vrou haar slaan, wil sy by Maila weet of sy getroud is en dat sy haar gesin vernietig.

Maila sê aan SowetanLive sy het 'n klag by die polisie gelê.

Volgens Maila het 'n polisievrou aan haar gesê: "As jy met my man gejol het, sou ek jou dood gemaak het."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters