6 maande gelede
Vrou blameer aapies vir lockdown

'N RASSISTIESE Facebook post trend omtrent aanlyn.

Beverley Kruger skryf op haar Facebook-blad: Lockdown f*kk*n 3... Kan julle klomp aapies op hou k*k maak vir ons wit mense".

Die post is gemaak Maandagaand kort nadat pres. Cyril Ramaphosa vlak-3 lockdown met strenger regulasies aangekondig het

Kruger
'n Skermgreep van Beverly Kruger se Facebook-plasing voor sy dit afgehaal het. Foto: Verskaf

Kruger, wie se selfoonnommer oop op Facebook was, is na bewering oorval met boodskappe wat sy geleer en ignoreer het.

Kruger het intussen eers die post delete en toe haar profiel disabled. Maar nie voor 'n aantal persone screenshots daarvan kon maak nie.

Probeerslae deur Netwerk24 en News24 om met haar kontak te maak was ook onsuksesvol.

Die mediakenner, Emma Sadleir, verduidelik dat: "Alles wat jy op sosiale media sê kan en sal teen jou gebruik word.

"Selfs al delete jy die boodskap of jou profiel."

beverley kruger
Beverly Kruger se Facebook-blad voordat sy dit geskrap het. Foto: Verskaf

Sadleir voeg by: "Daar kan ook tugstappe teen Kruger geneem word omdat sy haar werkgewer in oneer gebring het en kan wettiglik deur die polisie en Suid-Afrikaanse menseregtekommissie aangekla word.

In 2016 is Penny Sparrow, vir haar opmerking waar sy na strandgangers as apies verwys het, deur die gelykheidshof met R150 000 beboet.

In nog in rassistiese voorval is Vicki Momberg in Desember 2019 na twee jaar tronkstraf vrygelaat. Dit nadat sy in 2016 'n swart polisiebeampte 48 keer die K-woord genoem het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters