5 dae gelede
'Vodacom, MTN sny jul datapryse'
Thembinkosi Bonakele, kommissaris van die Mededingingskommissie.  ~ Elvira Wood

DIE selfoonnetwerke Vodacom en MTN moet hul datapryse onmiddellik met minstens 30% verlaag anders word hulle vervolg.


Só het Tembinkosi Bonakele, kommissaris van die Mededingingskommissie, gewaarsku na die uitreiking van 'n verslag oor hoë datakoste.


Luidens TechCentral se berig sê Bonakele die twee maatskappy vra te veel vir data, veral wanneer dit by prepaid kom.


"Dit weerspieël 'n vooroordeel teen die armes," sê hy.


"Ons dink daar is ruimte om die pryse te verlaag met 30 tot 50%. Ons het besluit ons gaan die industrie twee maande gee om aandag te gee aan die aanbevelings en indien hulle nie, sal ons vervolging oorweeg vir buitensporige prysbepaling."

Vodacom het in reaksie gesê hulle bestudeer tans die verslag.

EWN berig dat dié selfoonnetwerk ook kennis geneem het dat die kommissie se verslag en 'n besprekingsdokument van die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika in mening verskil oor die kwessies wat van kritieke belang is vir datapryse.


Byron Kennedy, Vodacom se woordvoerder, het luidens EWN gesê hulle gaan met die kommissie praat.

"Vodacom gaan reageer op Okasa se besprekingsdokument oor hul markondersoek binne die gespesifiseerde tyd. Met verwysing na die mededingingskommissie se verslag gaan ons met die kommissaris oor die kwessie praat wat in die verslag uitgelig word en ons sal mettertyd verder kommentaar lewer."


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters