3 maande gelede
Vlagman sterf 2 dae ná verkiesing
reënboognasie: Fred Brownell het ons huidige vlag ontwerp.foto verskaf  ~ 

DIE man agter ons kleurryke landsvlag, Fred Brownell, het Vrydagaand sy laaste asem op 79-jarige ouderdom by sy huis in Pretoria uitgeblaas.

Brownell het die Suid-Afrikaanse vlag in 1993 glo in minder as twee minute ontwerp.

Hy het met idees begin rondspeel vir ’n ontwerp nadat oudpresident FW de Klerk op 2 Februarie 1990 in die parlement aangekondig het dat Nelson Mandela vrygelaat sou word.

Goedkeuring

Byna 7 000 voorgestelde ontwerpe is ingedien. Dis uiteindelik tot ses verminder.

Brownell se ontwerp is een van vyf wat aan die komitee en die kabinet voorgelê is. Die ontwerp het Mandela se goedkeuring nodig gehad. Hy was destyds in Rustenburg. Daar was nie tyd om die voorgestelde vlag vir hom te kry nie en ’n tekening is na Rustenburg gefaks, waar dit gekleur is voordat dit aan Mandela getoon en toe goedgekeur is.

Onmoontlik

Brownell het in 2015 met ’n doktorsgraad in geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy proefskrif fokus op die simboliek van die vlag.

Times Live skryf: “Dis onmoontlik om die historiese toeval van Brownell se dood en SA se voltooiing van ’n suksesvolle sesde nasionale en provinsiale verkiesing te ignoreer slegs dae nadat SA 25 jaar van demokrasie gevier het.” – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters