8 dae gelede
Vier voor vir bedrog by skool
'n Staatsamptenaar en drie ander moet hof loop vir bedrog.  ~ Foto ter Illustrasie

‘N WERKNEMER van die Oos-Kaapse onderwysdepartment en drie ander mense het onlangs in die hof verskyn op 'n klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery wat verband hou met ‘n skolevoedingskema.

Zukiswa Wana (47) van die department, Milisa Ngcukana (41) Sibulele Mnyande (39) en Mzodumo Sijadu (54) het Donderdag in die hof verskyn.

Kol. Katlego Mogale, ‘n polisiewoordvoerder, sê die saak is uitgestel na 20 Januarie 2020 en al die verdagtes is op R10 000 borgtog vrygelaat.

Mogale sê Wana, wat by die voedingskema betrokke was, het in samewerking met die diensverskaffers die department is tussen 2012 en 2013 uit R2,9 mlijoen bedrieg.

“Wana het na bewering dokumente vervals en het die geld gewas deur die diensverskaffers se bankrekeninge," sê Mogale. – The Citizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters