5 dae gelede
Vier verkool in ongeluk
uitgebrandFoto: ER24  ~ 

VIER mense het Dinsdagaand buite Eston, suid van Camperdown in KwaZulu-Natal, ná ’n ongeluk in ’n bakkie doodgebrand.

Volgens Ross Campbell, ’n woordvoerder van ER24, het die bakkie teen ’n vragmotor gebots.

“Paramedics van ER24 was net ná die brandweer op die toneel. Die bakkie en die vragmotor was albei nog aan die brand.”

Die vier mense in die bakkie is onherkenbaar uitgebrand.

Die bestuurder van die vragmotor is met ernstige beserings na die hospitaal geneem. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

  • In nog ’n ongeluk Dinsdag is ’n vrou dood en drie mense beseer toe ’n bakkie buite Donnybrook in die KwaZulu-Natalse Middellande ’n koei getref en toe gerol het. – ER24
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters