Verlede maand
Vier vas wat Cele in video beledig
Bheki Cele.  ~ Jonathan Lestrade

VIER mense wat die minister van polisie, Bheki Cele, in 'n video op sosiale media beledig het, is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

In die video sê die vier dat hulle weier om by die huis bly voordat hulle Cele begin beledig.

Hoewel die video gemaak voor die lockdown gemaak is, het hulle steeds die Rampbestuurswet oortree wat drinkery in die publiek verbied.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het aan The Citizen gesê die vier mense is ook aangekla van crimen injuria. 

Hulle is Tshiamo Sandra Moroke, Lizzy Modiegi Moabelo, Mmapule Leso en Obakeng Tseremetsa Moima.

"Die ondersoek het bekendgemaak dat die video op 22 Maart om 22:00 in die omgewing van Stinkwater gemaak is. Die selfoon wat gebruik is om die video te maak en te verspei en wat aan een van die verdagtes behoort, is deur die polisie gekonfiskeer," sê Naidoo. - The Citizen

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters