11 dae gelede
Vier dood in Krugersdorp-ongeluk
krugersdorp, ongeluk
Vier mense is dood in die Krugersdorp ongeluk.  ~ Netcare

VIER mense is dood en 17 ander beseer in ‘n botsing tussen vier voertuie.

Die ongeluk het Woensdagaand kort na ses op die hoek van Windsor en Paardekraal in Luipaardsvlei in die Krugersdorp plaasgevind.

Shawn Herbst, ‘n woordvoerder vir Netcare, sê die beserings wissel van ligte beserings tot meer ernstig.

“Vier mense is op die toneel dood verklaar.

“Die beseerdes is almal op die toneel behandel en na ‘n hospitaal vervoer vir verdere behandeling.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters