15 dae gelede
Vicki Momberg gee haarself oor
Vicki Momberg
Vicki Momberg  ~ 

DIE veroordeelde rassis Vicki Momberg het haarself aan die polisie oorgegee.

Dit nadat 'n lasbrief vir haar arrestasie uitgereik is toe sy nie in die toegelate 30 dae 'n aansoek na die appèlhof gebring het vir lof tot appèl nie.

Brig. Mathapelo Peters, 'n polisiewoordvoerder, het aan News24 bevestig dat Momberg haarself by die Douglasdale-polisiestasie oorgegee het en dat sy na die Randburg-landdroshof geneem sal word.

Die voormalige eiendomsagent is in 2017 skuldig bevind aan vier klagte van crimen injuria nadat sy 'n swart polisieman 48 keer die k-woord toegesnou het.

Haar appèl teen haar skuldigbevinding en vonnis het in Junie in die Gautengse hooggeregshof in Johannesburg misluk.

Sy is daarna 30 dae kans gegee om 'n aansoek na die appèlhof te bring vir lof tot appèl.

Regter Thifhelimbilu Mudau het haar toe gewaarsku dat as sy nie die appèlhof gaan nader nie, sy haarself sal moet oorgee aan die klerk van die hof om haar vonnis uit te dien.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters