Verlede maand
Vet tjek nr. 1
Zola SaphethaFoto: daily sun  ~ 

DIE National Education, Health and Allied Work­ers’ Union (Nehawu) het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Sars) se aanbod van ’n 9%-salarisverhoging aanvaar.

Dít het gekom nadat die ander vakbond in dié bedryf, die Public Servants’ Association, vroeër vandeesweek dié aanbod aanvaar het. Die vakbonde het eintlik 11% geëis.

Verdeeldheid

Zola Saphetha, hoofsekretaris van Nehawu, het gesê hulle het dringende konsultasies met hulle lede gehad en daarna die verhogingsaanbod van 9% aanvaar.

“Die leierskorps gaan die ooreenkoms onderteken om eenheid onder die lede te bevorder in plaas van verdeeldheid,” het Saphetha bygevoeg.

Sars het die aanbod Sondag in onderhandelings ter tafel gelê.

Saphetha het beklemtoon Nehawu sal hom aanhou beywer vir ander sake waaroor sy lede ontevrede is.

Dit sluit ’n meer bekostigbare mediese fonds en ’n behuisingskema in.

Hy het gesê: “In die onderhandelings het ons baie toegewings gemaak.

“Ons het onder meer ons aanvanklike demand van ’n 15%-salarisverhoging na 11,4% verminder. En dít alles terwyl die werkgewer nie bereid was om ’n enkele toe­gewing te maak nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters