4 maande gelede
Vervolg Malema, sê AfriForum
Kallie Kriel, hoof van AfriForum  ~ 

AFRIFORUM wil die hof nader om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te dwing om 'n besluit te neem oor die vervolging van die EFF-leier, Julius Malema oor drie handende sake teen hom.

Dié burgerregte-organisasie het tydens 'n mediakonferensie gesê die NVG se onwilligheid om hom te vervolg, laat hom onaantasbaar voel.

Kallie Kriel, hoof van AfriForum, het Woensdag gesê politiek moet nie 'n rol in vervolging speel nie en dat dit sonder vrees of guns gedoen moet word. 

Kriel sê die NVG het daarin misluk om Malema te vervolg in verband met bedrieglike tenders in Limpopo.

Hy soek ook antwoorde oor die beweerde aanval op 'n polisiebeampte deur Malema en die EFF-woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi.

Kriel wil ook hê Malema moet vervolg word omdat hy skote in die openbaar afgevuur het tydens die EFF se vyfde verjaarsdagvieringe in Mdantsane in die Oos-Kaap.

Afrifoum se privaatvervolgingseenheid wil aansoek doen om Malema privaat te vervolg as die NVG daarteen besluit. - JacarandaFM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters