28 dae gelede
Verslag toon Watson voor ongeluk dood
Die motor wat deur Gavin Watson bestuur is. Foto:
Die motor wat deur Gavin Watson bestuur is. Foto: Sowaton/Veli Nhlapo  ~ 

GAVIN Watson was dood nog voor sy company kar teen 'n beton-pilaar gebots het.

Die onthulling word vervat in 'n private patoloog se verslag.

The Citizen haal 'n anonieme familie-lid aan wie die bevindinge bevestig.

Dit alles mean Watson se dood was heelmoontlik nie selfmoord soos vooraf bespiegel nie.

Watson se dood op 26 Augustus kort na 5 die oggend naby die OR Tamo Internasionale lughawe het tot baie baie bespiegeling gelei, insluitende selfmoord en moord.

Die voormalige Bosasa-baas sou op 27 Augustus voor die kommissie van ondersoek na belastingsake getuig.

Volgens die private patoloog se bevindings het Watson se liggaam geen tekens gewys van 'beduidende trauma' nie, asook geen gesig of aansienlike beserings nie.

Die anoniemie familielid noem: "Daar was geen aansienlike bloed op Watson se borsholte nie, geen beduidende bloed van die nek nie en slegs droë skaafplekke. Dit soortvan bevestig wat die patoloog vermoed, dat Watson voor die botsing dood was of dat sy hart reeds nie gefunksionee het voor die impak nie.

Terwyl die bevinding selfmoord uitskakel, play foul play nog op die lys - omdat die omstandighede rondom die ongeluk steeds agterdogtig lyk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters