Verlede jaar
Verslag oor uitlopery is 'halfgebak'
Ashwin Willemse het glo nie ’n verklaring ingedien nie.  ~ City Press

SUPERSPORT gaan die verslag kry van die ondersoek na die Ashwin Willemse-voorval.

Maar daar is ’n kinkel in die kabel: Die weergawe van Willemse se kant is nie in die verslag nie.

Die oud-Springbok-vleuel en ontleder by SuperSport het nie in die verslag vertel wat tot die meltdown aanleiding gegee het nie.

Willemse het op 19 Mei aan sy mede-ontleders, Naas Botha en Nick Mallett, gesê hy is moeg van hoe hulle hom behandel en uit die ateljee geloop.

Ingegee

Adv. Vincent Maleka het die voorval ondersoek.

Maleka het vroeër om ’n week uitstel gevra voordat hy sy verslag ingegee het.

Hy wou nie sê of al die partye verklarings aan hom gegee het nie.

Willemse wou ook nie sê of hy ’n verklaring ingegee het nie.

“Ek wil nie nou kommentaar lewer nie en sal later praat. Julle het my nommer.”

Ander informante het egter beweer Maleka moes sonder Willemse se verklaring oor die weg kom. Sport24

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters