Verlede maand
Verregse groep hou van Orania
Orania  ~ Foto Verskaf

’N VERREGSE groep in Australië kyk na Orania in die Noord-Kaap om ’n “Anglo-Europese enklawe” in Australiese stede te stig.

In video’s wat net vir leiers van die groep Lads Society bedoel is, word Orania as ’n voorbeeld gewys van ’n area waar net wit mense bly.

Dit dien as ’n voorbeeld van hoe om ’n wit enklawe vir die groep in Australië te skep, het Guardian Australia berig.

Orania is ’n proto-tuisland vir Afrikaners, maar sy leiers deur die jare het gesê dit gaan nie oor ras nie. Orania – so word gesê – is daar omdat mense van een kultuur daar wil bly en funksioneer.

Die koerant berig die leiers van Lads Society beplan om “woonbuurte te koloniseer” – en hulle wil net wittes daar hê.

Ambisie

In die video’s praat ’n leier oor die agteruitgang van gemeenskappe en ’n komende “rasseoorlog”.

Michael McGowan van Guar­dian Australian skryf: “Die video’s skets ’n kommerwekkende prentjie van die groep se ambisie.”

Sekerheidsorganisasies is bekommerd oor verregse groepe wat geweld aanblaas.

Lads Society word verbind met die United Patriots Front, wat nie meer bestaan nie.

Dié groep wou nie gehad het moskees moet in Australië gebou word nie. Sy leier is later gevonnis omdat hy rassehaat aangeblaas het. Business Insider SA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters