8 dae gelede
Vermoorde swanger vrou se boyfriend vas
D
Tshegofatso Pule  ~ Argief

DIE familie van die vermoorde Tshegofatso Pule het geweet van haar verhouding met die man wat nou agter haar moord sit. 

Maar die familie het nie geweet dat die man verloof was nie. 

Pule se lyk is op 5 Junie aan ’n boom in Rooderpoort gevind. Sy was agt maande swanger toe sy vermoor is. 

Volgens Tumisang Katake, Pule se oom, het die familie geweet dat die twee mekaar sien en het sy nooit gekla dat hy gewelddadig is teenoor haar nie. “Sy het nog nooit gesê sy word intimideer nie. Ek kan ook nie sê watter tipe verhouding hulle gehad het nie.”

News24 het berig dat Ntuthuko Shoba (32), Pule se boyfriend, Donderdagaand by sy huis in Florida aan die Wes-Rand in hegtenis geneem is. Hy is aangekla van moord en het reeds Maandag sy eerste verskyning in die Roodepoort-landdroshof gemaak.

Daar word beweer dat hy die pa van Pule se ongebore kind was. 

Muzikayise Malephane is reeds tot 20 jaar gevonnis vir die moord op Pule. Volgens sy pleitooreenkoms het Shoba hom R70000 aangebied om die moord te pleeg om te keer dat sy aanstaande vrou van die baba uitvind. 

Shoba is weer op 1 Maart in die hof vir ’n formele borgaansoek. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters