5 dae gelede
Vermiste meisie (9) se lyk gevind
police tape
Die vermiste meisie se lyk is in 'n rivier gevind.  ~ Foto ter illustrasie

DIE liggaam van 'n negejarige meisie van die Vrystaat is Vrydag gevind nadat 'n erg aangerande man voor sy dood 'n bekentenis afgelê het. 

Die man het bekendgemaak dat hy die vermiste Tariro Jonas se liggaam in 'n rivier gegooi het.

Tariro is op 7 Maart as vermis aangemeld. Haar ma het aan die polisie gesê haar boyfriend het die kind gevat omdat sy 'n klag van aanranding teen hom gelê het.

Inwoners het die man voor middernag op 11 Maart op die N8 gevind en het hom op 'n nabygeleë veld aangerand. Die polisie het die erg beseerde man die volgende dag gevind waarna hy gesê het wat hy met die meisie se liggaam gedoen het. Hy is later in die hospitaal dood.

Tariro se liggaam is Vrydag in die Klein Modderrivier gevind.

'n Nadoodse ondersoek moet nog gedoen word om die oorsaak van haar dood vas te stel.

'n Moordsaak, in verband met die man, word ook ondersoek. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters