11 dae gelede
Vermiste KZN-student dood
Universiteit van KwaZulu Natal Student
Natasha Conabeer is vanoggend oorlede.  ~ Facebook

'N STUDENT aan die Universiteit van KwaZulu-Natal wie Sondag bewusteloos by haar huis afgelaai is, is intussen dood in die hospitaal.

Natasha Conabeer is op 18 Augustus as vermis aangemeld.

News24 berig die student is by haar woonstel weg om familie te besoek.

Sondagaand is daar berig sy is lewend gevind, nadat sy Sondagoggend bewusteloos by haar huis afgelaai is.

Natasha is na die hospitaal geneem.

Haar ma, Rosemary Conabeer, het aan News24 genoem: "Dokters doen alles moontlik vir haar."

Zamambo Mkhize, 'n familievriend, het bevestig: "Natasha is Maandagoggend in die hospitaal dood."

Die oorsaak van haar dood is nog onbekend.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters