Verlede maand
Vermeende rower langs pad doodgeskiet
spikes
SPIKES  ~ TER ILLUSTRASIE/ (Photo via TMPD)

'N MAN wat 'n paartjie wou beroof, wat besig was om 'n papwiel om te ruil, is deur die bestuurder doodgeskiet.

AlgoaFM berig dat die twee afgetrek het nadat hulle 'n papwiel gekry het, weens spuikers wat in die pad was.

Lt.kol. Mavela Masondo, 'n polisiewoordoverder, verduidelik die man was besig om die wiel om te ruil, met sy vrou langs hom, toe drie verdagtes hulle nader en op hulle begin skiet.

"Die man het met sy gelisensieerde vuurwapen teruggeskiet en een van die verdagtes in die bolyf gewond."

Masondo noem dat sy liggaam deur paramedics gevind is, wat hom op die toneel doodverklaar het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters