11 dae gelede
Verkragtings in Mpumalanga skok
Lt. Genl. Mondli Zuma, polisiekommissaris in Mpumalanga.  ~ Argief

TWEE verkragtings van minderjarige kinders in Mpumalanga het dié provinsie die afgelope week geruk.

'n Negejarige meisie is na bewering Donderdag deur haar 14-jarige neef verkrag.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê die neef het die meisie met ’n tou vasgebind, haar mond met ’n lap toegedruk en haar toe na bewering verkrag.

Die meisie se ma het die ontdekking gemaak toe sy van die werk af kom en het toe die polisie ontbied.

Dieselfde dag is ’n 14-jarige seun na bewering deur ’n man verkrag wat hy in Kabokweni, ook in Mpumalanga, probeer help het.

Volgens die seun het die man hulpeloos op die grond gelê toe hy hom hulp aangebied het.

“Hy het saam die man geloop totdat die man hom na bewering by ’n ou verlate huis ingedwing en verkrag het.”

Lt. Genl. Mondli Zuma, polisiekommissaris van Mpumalanga, het sy kommer uitgespreek oor die gebrek aan moraliteit van sommige mans wat aanhou om waglike en wrede dade van seksuele aanranding teen minderjariges en vroue voort sit. - News24



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters