7 dae gelede
Verdagte plunderaars in die hof
VOSLOORUS, SOUTH AFRICA - JULY 13:Police arrest lo
Die polisie arresteer plunderaars op 13 Julie 2021 in Vosloorus.  ~ Gallo Images

MEER as 30 verdagtes wat verlede week tydens die gewelddadige onluste in hegtenis geneem is, het Dinsdag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

Die verdagtes van tussen 18 en 72 staan tereg op ’n reeks aanklagte, vir hul rol in die openbare geweld, plundery en beskadiging van infrastruktuur.

SABCNuus berig dat byna 700 mense van regoor Gauteng in hegtenis geneem is.

Na wat berig word sal sowat 200 verdagtes oor die volgende drie dae in die hof verskyn. Die verdagtes sal onder meer in die beskuldigdebank wees openbare geweld, diefstal, kwaadwillige saakbeskadiging en oortreding van die wet op rampbestuur.

Van diegene wie reeds in die hof verskyn het is uit op borgtog wat wissel van R1000 tot R5000. Hul sake is ook uitgestel tot later vandeesmaand en vroeg in Augustus.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters