10 dae gelede
Vandalisme sal nie geduld word nie
Tswaing-munisipaliteit
Tswaing-munisipaliteit  ~ SABC

SOMMIGE munisipaliteite in die land is dysfunctional met ernstige kontantvloeiprobleme en sommige soek nou 'n voorskot om salarisse te betaal.

Terwyl die parlement se portefeuljekomitee oor samewerkende regering dit moes aanhoor het die nuus ook gekom van Tswaing-munisipale geboue en eiendom wat brand.

Dit kom na protesaksie deur munisipale werkers, wie ophou werk het, omdat hul salarisse nie betaal is nie.

Daar kan egter nie bevestig word of die afbrand van die geboue en bates verband hou met die protesaksie nie.

Faith Muthambi, voorsitter van die parlementêrekomitee, sê: "Vandalisme sal nie geduld word nie. 

"Die heropbou van infrastruktuur beloop miljoene rande en daardie geld kon gebruik word waar dit baie meer nodig is, nie om te herbou wat opsetlike vernietig is nie."

Muthambi het 'n beroep gedoen dat kontruktiewe maniere gevind word om met die plaaslike regering te gesels, om oplossings vir die uitdagings te vind.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters