Verlede maand
Van vlug gegooi oor masker
flysafair
’n Vlug van FlySafair het Saterdag van die aanloopbaan teruggekeer na die eindpuntgebou van die O.R. Tambo-lughawe omdat ’n passasier geweier het om ’n masker te dra.  ~ 

DIE polisie moes die naweek 'n passasier van 'n FlySafair-vlug verwyder nadat hy geweier het om sy masker te dra.

Die vliegtuig was Saterdag om 17:00 besig om na die aanloopbaan by die O.R. Tambo-lughawe te beweeg toe die voorval gebeur het. Die vliegtuig was gedwing om terug te draai.

Kirby Gordon, woordvoerder van FlySafair, sê bemanningslede het geen ander keuse gehad as om die polisie in te roep om die passasier te verwyder nie. 

Gordon sê regulasies behels dat passasiers maskers moet dra. 

"Ons moet die reël toepas met dieselfde graad van waaksaamheid as wat ons sou met 'n passasier wat byvoorbeeld 'n sigaret aansteek of weier om sy sitplekgordel vas te maak," sê Gordon

Hy sê die voorval het net 'n effense vertraging veroorsaak. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters