18 dae gelede
Valke vat dealers vas
paraat: Die Valke het weer toegeslaan. Foto: Theana Breugem/Media24  ~ 

VERMEENDE drug dealers is tydens ’n twee dae lange operasie in Gauteng gearresteer.

Daar is ook beslag gelê op miljoene rande se renosterhorings wat glo vir Maleisië bestem was.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, Valke-woordvoerder, sê drie verdagtes tussen 38 en 43 is in Soweto en Kemptonpark vir die besit en vervaardiging van drugs soos Mandrax gearresteer.

Die Valke het ook in ’n pakhuis in Kemptonpark op R38 miljoen se renosterhorings afgekom. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters